ContactHome

Welcome to the Zulu Kingdom, KwaZulu-Natal

What are you looking for?
$7.56 | £15.01 | €11.85 |
Time: 15:22
Forecast

MAAK JOU BESIGHEID AMPTELIKE DEEL VAN DIE ZULU KINGDOM!

Met die loods van Kwazulu-Natal Toerisme (TKZN) se vrywillige registrasie-sisteem ‘n jaar gelede, geniet sowat 2000 toerisme diensverskaffers reeds die groot verskeidenheid voordele van besigheidsassosiasie met die Kingdom of the Zulu. As amptelike bemarkingsliggaam van Kwazulu-Natal, bied TKZN ‘n wye verskeidenheid dienste aan die toerisme industrie en potensi le besoekers. Dit sluit in ‘n besige faks-volgens-aanvraag sisteem, reisgidse, markverwante inligtingstukke, kaarte en ‘n hoogs effektiewe webwerf (wat tans reeds oor ‘n miljoen besoeke per maand aanteken en spog met meer as 20,000 unieke gebruikers), om slegs ‘n paar te noem. Teen ‘n nominale fooi van slegs R150 per jaar, ontvang geregistreerde diensverskaffers tomaties ‘n webblad wat aangebied en onderhou word deur TKZN, en word hulle gelys in die amptelike reisgidse en inligtingstukke. Hierdie eksklusiewe lysing op ons webwerf en faksvolgens-aanvraag sisteem, sowel as om ‘n aanbevole diensverskaffer te wees in ons databasis, meen verrykende addisionele blootstelling vir jou besigheid.

TKZN se databasis van provinsiale toerisme diensverskaffers word beskou as die mees omvattende van sy aard in die land. Dis basies ‘n inventaris van al die toerisme-verwante dienste en is opgemaak uit 17 kategorie , wat strek van akkommodasie instellings en konferensieen vermaaklikheidsgeriewe tot restaurante en historiese, religieuse en natuurlike besienswaardighede. Hierdie databasis vorm die ruggraat van ons toerisme navorsing, kommunikasie, bemarking en informasieverspreiding in die Zulu Kingdom. Die inwerkingstelling van die registrasie- sisteem het saamgeval met die loods van ons Bemarkingsvennootskaps-program. Hierdie program maak dit moontlik vir geregistreerde toerisme-dienste om gebruik te maak van die wye verskeidenheid van bemarkingshulpmiddels wat deur TKZN aangewend word om die Zulu Kingdom te promofeer. Daar is talle geleenthede om voordeel te trek uit relatiewe goedkoop advertering in ons wye reeks van gedrukte en elektroniese media, en om ons te vergesel op internasionale en plaaslike handelskoue sowel as om om te sien na oorsese media wat ons sonnige land besoek. Vir meer inligting besoek wwww.kzn.org.za/kzn/kznta/47.html.

DIT IS DUS WAT ONS VIR JOU DOEN... MAAR WAT BETEKEN DIT VIR ONS?
Die registrasie-sisteem verseker dat ons jou inligting op rekord het en dat dit op datum is. Dit help ons om omvattende en akkurate informasie aan ons besoekers te bied en help ons met beplanning en navorsing. Deur ons nuutgeskepte Klientesorg-strategie, geniet ons besoekers ook die voordeel van ‘n kanaal waardeur besware gelig kan word of om die dienste waarvan hulle gebruik gemaak het tydens hulle verblyf te komplimenteer.

MOET EK REGISTREER?
Die registrasie-sisteem werk tans op ‘n vrywillige basis, maar provinsiale regulasies is geformuleer om dit ‘n verpligte proses te maak. Sodra hierdie bekragtig word sal van alle toerisme dienste verwag word om amptelik te registreer by TKZN.

WAAROM DAN NOU REGISTREER?
Ons stel voor dat jy so vroeg as moontlik registreer ten einde voordeel te trek uit hierdie jaar se fooi en om te begin voordeel trek uit die magdom dienste wat gebied word voor die groot stormloop!

FILL OUT YOUR FORMS AND POST TO:
The Registration Co-ordinator
Tourism KZN
PO Box 2516
Durban
4000 or Email: kznta@iafrica.com

For the Trade || For the Investor & Researcher || About the Authority || Email: kznta@iafrica.com || Phone: +27 31 366 7500
|| []

Copyright © Tourism KwaZulu-Natal